Curro uitblinkers oppad KykNet toe

MOSSELBAAI — Vier leerders van Curro Privaatskool in Mosselbaai is oppad na die finale van die KykNet Soliste vir Christus-kompetisie wat gedurende Mei in Kaapstad gehou word. Altesaam nege skole van drie provinsies, naamlik die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap sal gedurende Mei in Kaapstad deelneem vir pryse ter waarde van meer as R100 000.

Die opgewondenheid o die gesigte van Curro Privaatskool Mosselbaai se Uitblinkers vir die KykNet Soliste vir Christus-kompetisie wat Maandagaand aangewys is, is duidelik sigbaar. Voor links staan nog een van die skool se uitblinkers Danica Barnard (17), die junior "Queen of the World" 2016 en Curro ambassadeur by die twee junior uitblinkers, Noa le Roux (Graad 4) en Bradley Uys (Graad 3). Agter van links, is skoolhoof Dave Mugglestone en die twee senior finalste Daniella Starmont (Graad 8) en Germarè Dippenaar. Heel regs is die aanbieder van Soliste vir Christus, Anthonie Bougas, Noa en Germarè is sussies
Die opgewondenheid o die gesigte van Curro Privaatskool Mosselbaai se Uitblinkers vir die KykNet Soliste vir Christus-kompetisie wat Maandagaand aangewys is, is duidelik sigbaar. Voor links staan nog een van die skool se uitblinkers Danica Barnard (17), die junior “Queen of the World” 2016 en Curro ambassadeur by die twee junior uitblinkers, Noa le Roux (Graad 4) en Bradley Uys (Graad 3). Agter van links, is skoolhoof Dave Mugglestone en die twee senior finalste Daniella Starmont (Graad 8) en Germarè Dippenaar. Heel regs is die aanbieder van Soliste vir Christus, Anthonie Bougas, Noa en Germarè is sussies

Denise Lloyd – Die opnames wat by die verskillende skole vervaardig is, sal ook uitgesaai word en deur meer as 500 000 mense op ‘n keer gesien word.

Die plaaslike uitblinkers is verlede Maandagaand tydens ‘n konsert in die skoolsaal gekies. Volgens die aanbieder, Anthonie Bougas, wat self vroeër tweede in die destydse Supersterre gekom het, was die talent by Curro van so ‘n aard dat daar besluit is om in sowel die junior as die senior afdeling ‘n vervaardigerswenner ook aan te wys. Die gehoor het via sms vir hul gunsteling in elke afdeling gestem en meer as 2 000 stemme is die aand uitgebring.

Die skoolhoof, mnr Dave Mugglestone, was in ekstase toe daar aangekondig is dat vier leerders aan die finaal gaan deelneem. “Ons skool het uitblinkers op vele terreine en dis ‘n riem onder die hart as jou leerders se talente deur buite instansies raakgesien word veral as dit op kultuurvlak is,” het hy aan Die Burger gesê.

Altesaam 16 leerders het deelgeneem, 10 in die junior afdeling en ses in die senior afdeling. Elkeen het so 90 sekondes kans gehad om die gehoor te beindruk en die senuwees het maar geknaag.

Die vervaardigers het Maandag heeldag by Curro geskiet om van die skool se aktiwiteite en die omgewing vas te vang. Dit sal saam met die opname van die konsert uitgesaai word. Curro is die enigste skool in die Suid-Kaap wat hierdie unieke geleentheid gekry het om aan Soliste vir Christus deel te neem.

Skakel gerus Sondae om 16:00 en Maandae om 18:00 in op kanaal 146 vir die uitsendings van die program. Daar is ook Woensdae en Vrydae om 12:00 heruitsendings.

Share Button
,