Hartenbos Drawwers Nuus

hartenbos-drawwersBeste Drawwer

KONTAK ASSEBLIEF VIR ANDRE SWART (082 442 4766 of andreswart28@gmail.com) vir enige uitslae, lief en leed nuus, of sommer enigiets wat ons met almal kan deel.

Baie geluk aan almal wat aan die Knysna Bos wedloop deelgeneem het, spesiaal vir Des wat sy 10de marathon voltooi het en sy permanente nommer ontvang het. Welgedaan.

Met die Rooiberg Trailrun die 22ste Junie, het Dirk, Marietjie en Elize Kloppers elk ‘n trofee, Jewel of the Rooiberg, van Henry Hill ontvang vir die voltooing van 3 agtereenvolgende trailruns.

KLERE – Die Bestuur het gekyk na ‘n nuwe Golf T-hemp vir lede wat nog nie ‘n Golf hemp het om aan te trek na afloop van ‘n wedloop of om aan te trek wanneer jy op ‘n wedloop werk nie. Graag wil ons die belangstelling toets en hoor hoeveel lede sou belangstel om ‘n Golf T-hemp aan te skaf teen R140,00. Kleur is Navy/Wit, 100% Polyester Moisture, die groottes is beskikbaar vanaf S – 3XL (mans en dames). Indien u belangstel kan jy net jou naam en grootte vir my deurstuur, sodat die nodige aankope gedoen kan word. Sweetpakke is ook beskikbaar teen R280,00, groottes 2XS – 2XL. KONTAK ASSEBLIEF VIR SUE SWART – 0722055697

KALENDER 2014 : Soos julle almal weet beplan ons ‘n Unieke Kleurvolle Kalender vir 2014. Om 200 Kalenders te druk beloop die koste in die omgewing van R14 200,00. Indien u belangstel om ‘n advertensie venstertjie te bekom op die Kalender, kan jy met Andre Swart (0824424766) skakel. 12 Maande advertensie beloop R600,00. Al wat ek van jou benodig is ‘n visette kaartjie met al jou inligting op.

Dinsdag, 9 Julie 2013, Tydtoets Bikini Beach, (Nooitgedachtlaan Hartenbos) 17h30 – Respekteer ander padgebruikers vir u eie veiligheid. Draf asseblief in enkelgelid teen die verkeer in. Daar is opsies vir ‘n 3km en 6km vir die winter.

Indien julle enige klub kledingstukke wil aanskaf of weet van ‘n nuwe lid wat wil deel word van Hartenbos Drawwers kan julle vir Andre Swart (0824424766) of Sue Swart (0722055697) kontak.

Baie Geluk aan die volgende Drawwers wat verjaar!! Mag God u seën met krag, spoed, deursettingsvermoë en volharding vir 2013/14!!!

Maandag 1 Julie Este Badenhorst
Dinsdag 2 Julie Werner Morkel-Brink
Woensdag 3 Julie Tommie Darlew en Linda Jooste
Donderdag 4 Julie Hannie Kruger en Alet Swart
Sondag 7 Julie Magda Opperman en Wouter Pretorius

Web-tuiste : www.hartenbosdrawwers.co.za – besoek vir algemene klub inligting, wedloop inligting asook BAIE fotos van aktiwiteite en wedlope. Facebook : Ope groep Hartenbos Drawwers vir uitslae, foto’s ens.

Trail Run
Dit is elke lid se verantwoordelikheid om, as julle aan ‘n Trail Run deelgeneem het in die Hartenbos Trail run hemp, dan die inligting aan Paul van Tonder deur te gee – die datum, naam van die Trail en dorp, jou tyd en bevestig dat jy dit in die Hartenbos Trail Hemp gedoen het. Paul gaan net na ASWD se webblad vir uitslae en Trail’s se uitslae verskyn nie daar nie.

Wedlope in ander Provinsies
Hier is dit ook elke lid se verantwoordelikheid, om enige wedloop waaraan julle buite die SWD deelneem, aan te stuur. Soos reeds genoem, Paul gaan slegs uitslae afhaal by ASWD se webblad. So onthou, as julle nie julle uitslae vir ons aanstuur nie kan ons julle nie erkenning daarvoor gee nie.

Statistieke
Dit staan ons lede vry om Paul van Tonder te kontak oor statistiek uitslae. Indien daar fout is met jou uitslae kan jy dit net onder Paul se aandag bring, tans gee Paul die statistieke deur soos hy dit ontvang het. Dit is elke lid se verantwoordelikheid om daarna op te let sodat alle inligting korrek aangeteken word. Jy kan Paul van Tonder kontak by 083 2955 865 of epos by paul.vantonder@gmail.com

Share Button
,