Impact of the municipal march on Go George

The GO GEORGE bus service will not be interrupted for the municipal service delivery protest march from Thembalethu to the George Municipality and Pacaltsdorp on Thursday 14 March 2019.

The march via Nelson Mandela Boulevard, Courtenay Street and York Street will impact all routes, but substantial delays are to be expected on the Pacaltsdorp routes. As the march progresses, traffic officials will regulate traffic flow and advise on deviations from the normal routes to minimise disruption of the service.

Although this march is not specifically related to GO GEORGE and the convenors have assured the Municipality that it will be a peaceful march, GO GEORGE apologises for the inconvenience and requests patience from passengers as well as employers, advising passengers to make provision for the delays in planning their journeys on Thursday.

The situation will be closely monitored for the duration of the march on Thursday, and any changes to the current plan will immediately be communicated on the GO GEORGE Facebook page and via the local media. The GO GEORGE Call Centre will also have the latest information and can be called on 0800 044 044.


IMPAK VAN PROTESOPTOG OP GO GEORGE-BUSDIENS

Die GO GEORGE-busdiens sal nie onderbreek word vir die protesoptog oor munisipale dienslewerings van Thembalethu na die George-munisipaliteit en Pacaltsdorp op Donderdag 14 Maart 2019 nie.

Die optog via Nelson Mandela Boulevard, Courtenaystraat en Yorkstraat sal ’n impak hê op alle roetes, maar aansienlike vertragings kan veral verwag word op alle Pacaltsdorp-roetes. Soos die optog vorder, sal verkeersbeamptes verkeersvloei reguleer en afwykings van die normale roetes reël om so min moontlik ontwrigting te bewerkstellig.

Hoewel hierdie optog nie spesifiek met GO GEORGE verband hou nie en die sameroepers die munisipaliteit verseker dat dit vreedsaam sal geskied, maak GO GEORGE verskoning vir die ongerief en versoek passasiers sowel as werkgewers om geduldig te wees en voorsiening te maak vir die vertragings in hul ritbeplanning vir Donderdag.

Die situasie sal fyn dopgehou word vir die hele duur van die optog op Donderdag en enige veranderings aan die huidige planne sal onmiddellik gekommunikeer word op die GO GEORGE Facebook-blad en via die plaaslike media. Die GO GEORGE-inbelsentrum sal ook die jongste inligting hê en kan geskakel word op 0800 044 044.

Share Button