Prera help by rugbywedstryd

Die Protea Park Rosemore Estates Residence Association (Prera) buurtwag wat die gebiede vanaf Mullerstraat, Nuwe Protea Park, Protea Park, ‘n gedeelte van Le Vallia tot by die Garden Route Inkopiesentrum patrolleer ( Wyk 6, Wyksraadslid Hendrik Ingo) het onlangs orde gehandhaaf by die Progress Rugbyklub se tuiswedstryd op Rosemoor stadion teen Bridgton Rugbyklub.

Die wedstryd was op Vrydag, 15 Februarie gehou.

Die buurtwag werk elke Vrydag en Saterdagaand.

Prera het die Progress Rugbyklub bedank vir die geleentheid om van hulp te wees in die gemeenskap.

Share Button