Ward Councillor feeds children of her Ward

Kersvader het nie vergeet van Borchards se kinders nie, maar hy was bietjie laat en het met die hulp van Wyksraadslid Rdh Mercia Draghoender van Wyk 20 en Pastoor Christo Alexander van die Faith and Trust Outreach Family Church op Saterdag, 29 Desember 2018, geskenke en kospakkies uitgedeel.

George Munisipaliteit se brandweervragmotors, wetstoepassing, die verkeersafdeling en polisie het Kersvader, Jonathan April, en die raadslid deur die strate van Borchards begelei met sirenes om die kinders van die buurt na die Borchards Multisave winkel, ook bekend as die Vaalwinkel, te nooi.

Die kinders het in hul honderde na die kompleks gestroom. Elke kind is met ‘n pakkie huis toe. Voorsiening is gemaak vir 1000 pakkies.

Rdh Draghoender het gese: “hulle het besluit om na Kersfees die geskenke en pakkies uit te deel omdat baie gesinne niks het om te eet na Kersfees nie”. Sy het gese: “Borchards is een van die armste wyke in die Suid-Kaap. Ek het ‘n passie vir mense, maar het nie altyd genoeg vir almal nie, maar ek dank die Here vir die een vissie wat ek kan teruggooi.”

Sy het ook ‘n beroep op inwoners gedoen om die buurt skoon te hou. Sy het al haar helpers en borge bedank met spesiale dank aan George Prepack Meals.

Die polisie het ‘n praatjie gehou oor veiligheid terwyl Thamisanq Henry en Steven Manewil ‘n fiksheidskompetisie gehou het.

Information compiled and pictures by Debra Sauer, assistant media liaison.

Share Button