Piekniek in die Botaniese Tuin met Kaleidoskoop

Kaleidoskoop stop hierdie jaar weer by die lieflike George Botaniese Tuin tydens hulle 2018 Kustoer. Moenie hierdie heerlike aand misloop nie!!

Bring ‘n piekniekmandjie, ‘n sitplek en jou lus vir ontspanning! (En ‘n reënjas aangesien George se weer soms effe temperamenteel is)

Kaleidoskoop toer met ‘n 4-piece band en daar word 20 instrumente tussen hulle bespeel. Maak gereed om jou ore te bederf met warm akoestiese klanke van onder meer trekklavier, mandolien, ukulele, upright bass, mondfluitjie, akoestiese kitare, klavier en perkussie.

Die vertoning vind plaas op 23 Desember 2018.  Hekke maak 18:00 oop en die vertoning begin 19:30

Geniet die uitsig, geniet die Tuin en geniet die pragtige musiek!

 Kaartjies is beskikbaar by www.kaleidomusiek.co.za of deur Liané van Zyl by  bythewillowevents@gmail.com te kontak.

Share Button