Die Burgemeestersgholfdag ten bate van die Burgemeestersfonds

Die Burgemeestersgholfdag is verlede Donderdag by die Kingswood Golf Estate gehou ten bate van die Burgemeestersfonds.

Van links is die top pryswenners met Burgemeester Naik en René Roos. Van links is Stafi Barnard, Mark Jacobs, Burgemeester Naik, Koos Kuyser, Reé Roos, Jacques Theron

Tagtig gholfers van Oudtshoorn, George en Mosselbaai   het almal aan die dag deelgeneem om die burgemeestersfonds te ondersteun. Baie van die gholfers het met elektroniese pryse weggestap nadat hulle uitgeblink het op die dag. Uitvoerende Burgemeester, Rdh Melvin Naik, het almal wat deelgeneem het, die borge en die hoofkoördineerder, René Roos bedank wat sy burgemeestersfonds ondersteun het. Hy het gesê die burgemeestersfonds bestaan uit skenkings en daar word nie begroot voor uit die munisipale begroting nie. Naik het gesê die fonds ondersteun liefdadigheid veral kinders wat presteer in SWD en nasionaal presteer en wat nie altyd kan bekostig om toere mee te maak weens tekort aan finansies nie. Die fonds poog ook om mense te help wat dit nie breed het nie deur liefdadigheidsorganisasies te ondersteun asook ouetehuise.

Spesiale dank aan borge, ACME Tool Hire,Batefin Auto, Sanlam private wealth, Barron clothing, Ontec, George Gearbox, Investec, JP Spares, West Coast Fisheries, Moore Stephens, PG Glass, Boardware JVN Polygraph, Canon, Bruwer & Reynolds Attorneys, Hereford group, Caw Gearbox & Diff, Eden computers, The Pro Shop, Tavcor, ISM Computers, Samsung Business, Bon Accord Guesthouse, Golfers Club, Kingswood golf estate, Vodacom, Konica Minolta, Oakhurst Insurance, Jaco Rossouw, Pine furniture factory George en GO GEORGE.

Burgemeester Melvin Naik (links) en René Roos(regs) wens die wenner van die Burgemeestersgholfdag, Koos Kuyser geluk met sy prestasie. Hy het ‘n drukker gewen.

Share Button
,