Go George buses rerouted during Lights Festival

GO GEORGE will be making adjustments to certain routes to accommodate the annual George Lights Festival on Saturday, 8 December 2018. Service hours will not be extended beyond the normal schedule.

York Street will be closed between Hibernia Street and the circle in front of the George Museum from 10:30 until 00:00 on Saturday, with the Denneoord, Rosemoor and Pacaltsdorp routes consequently cutting out that part of York Street. The northern lanes of the circle will remain open to traffic, being used as single lanes in both directions.

All bus stops in York Street between Market Street and the circle will be temporarily closed during the time of road closure.

Denneoord

Departing from the CBD along Cradock Street, Route 56 Denneoord – CBD will turn right into Market Street and right again into Meade Street, left into Courtenay Street, right into Symonds Lane and continue with the route as usual. Passengers from Denneoord going to the festival, can disembark at the Cathedral C stop at Charlene’s in Cradock Street, and board at Cathedral B at the Oakhurst Hotel in Meade Street when going home.  

Rosemoor

Travelling towards town, Rosemoor routes 53 and 53B will turn left into Meade Street instead of York Street as it travels up Courtenay Street, left into Market Street and continue their normal route to the Rosemoor stop in Cradock Street. Rosemoor passengers going to the festival can disembark at the Wellington stop in Courtenay Street, next to George Preparatory School.

Pacaltsdorp

Travelling towards town, the Pacaltsdorp routes 1A, 1B, 60 and 60A will turn right into Market Street from York Street, left into Meade Street and right into Courtenay Street, following their normal route from there on. The closest stop to the festival grounds for passengers from Pacaltsdorp, would be the York C stop in Market Street, Cathedral B at the Oakhurst Hotel in Meade Street, and the Meade stop in front of the white church (Moederkerk) in Courtenay Street.

Catch a bus home before 21:00

Residents are encouraged to make use of the bus service to attend festivities. However, passengers are reminded that the last evening buses will depart between 20:00 and 21:00, according to their normal last trip schedule, and that festival goers should not wait until 21:00 to find room on a bus.

For any enquiries about schedules, passengers can call the GO GEORGE Call Centre at 0800 044 044 during the festival.


GO GEORGE-ROETES HERLEI GEDURENDE LIGGIESFEES

GO GEORGE sal sekere aanpassings maak aan roetes om die jaarlikse Liggiesfees eerskomende Saterdag, 8 Desember 2018, te akkommodeer. Diensure sal nie verleng word later as die normale skedule nie.

Yorkstraat sal Saterdag vanaf 10:30 tot 00:00 gesluit wees tussen Hiberniastraat en die sirkel voor die George-museum. Die Denneoord-, Rosemoor- en Pacaltsdorp-roetes sal gevolglik vanaf 10:30 daardie deel van Yorkstraat uitskakel. Die noordelike bane van die sirkel sal oop bly vir verkeer en as enkelbane in beide rigtings gebruik word.

Alle bushaltes in Yorkstraat tussen Markstraat en die sirkel sal tydelik gesluit wees tydens die padsluiting.

Denneoord

Met die vertrek uit die middedorp sal Roete 56 Denneoord – CBD uit Cradockstraat regs draai in Markstraat, regs in Meadestraat, links in Courtenaystraat en regs in Symondslaan, vanwaar die roete normaal sal verloop. Denneoord-passasiers wat die fees wil bywoon, kan by die Cathedral C-bushalte by Charlene’s in Cradockstraat afklim en met die teruggaan huis toe by Cathedral B voor die Oakhurst-hotel in Meadestraat opklim.

Rosemoor

Op pad in dorp toe sal Rosemoor se roetes 53 en 53B uit Courtenaystraat in Meadestraat links draai pleks van in Yorkstraat, weer links in Markstraat en dan op die normale roete tot by die Rosemoor-bushalte in Cradockstraat. Rosemoor-passasiers wat fees toe gaan, kan by die Wellington-bushalte langs George-voorbereidingskool afklim.

Pacaltsdorp

Op pad in dorp toe sal Pacaltsdorp-roetes 1A, 1B, 60 en 60A uit Yorkstraat regs draai in Markstraat pleks van tot by die sirkel te ry, links in Meadestraat en regs in Courtenaystraat vanwaar die normale roetes gevolg sal word. Die naaste bushaltes vir passasiers uit Pacaltsdorp sal York C in Markstraat, Cathedral B by die Oakhurst-hotel in Meadestraat en die Meade-halte 149 voor die Moederkerk in Courtenaystraat wees.

Inwoners word aangemoedig om van die busdiens gebruik te maak om die feesviering in Yorkstraat en by Eenheidspark by te woon. Passasiers word egter herinner dat die laaste busse tussen 20:00 en 21:00 sal vertrek, volgens hul normale laaste rit-skedule, en dat feesgangers nie tot 21:00 moet wag om plek op ’n bus te probeer kry nie.

Vir enige navrae oor skedules kan passasiers gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel tydens die fees.

Share Button