Van Riebeeck Park – Onwettige storting van vullis

Die munisipaliteit sit met hul hande in die hare oor vullis wat gereeld by die Van Riebeeck Tuine se ingang in Camphersdriftweg gestort word.

Hierdie gewoonte is onverklaarbaar aangesien daar weekliks n deur -tot- deur vulliskollesie in die area is. ‘n Karwas strokie met ‘n Mosselbaai registrasienommer is tussen die vullis gevind en die wetstoepassingseenheid is besig om dit op te volg.

Rapporteer enige onwettige storting van vullis vir skoonmaak aan Reiniging (044) 8012900 en Wetstoepassing (044) 8016350.

Op die foto kyk Mnr. John Baily, voorsitter van die Van Riebeeck Tuinevereniging en Me. Janine Fernold , bestuurder van omgewingsgesondheid en vaste afval  by die munisipaliteit na die vullis.

Share Button