Laerskool Vorentoe Pre-Primêr bied ‘n damesoggend aan by Botlierskop

GROOTBRAKRIVIER (April 2018) –  Laerskool Vorentoe Pre-Primêr bied ‘n inspirerende damesoggend aan op 21 April 2018. 

Hierdie spoggeleentheid word op Botlierskop aangebied met Marinda Aukamp, eienaar van Barefoot in Burgundy as die hoofspreker.  Marinda gaan gaste inspireer met haar persoonlike getuienis, waarna sy wenke en advies oor persoonlike styl en grimering gaan gee.  Die geleentheid word aangebied ten gunste van Laerskool Vorentoe Pre-Primêr, ‘n skool wat na aan die gemeenskap van Grootbrakrivier se harte is.

In die woorde van Laerskool Vorentoe Pre-Primêr se skoolfoof, Mnr Theron, “Dit is ’n baie spesiale skool waar kinders in ’n veilige geborge omgewing nog kinders kan wees, kan leer, speel en presteer.  ’n Klein skooltjie waar elke leerling deel van ’n familie is. Ons lê sterk klem op waardes en goeie karaktereienskappe . Daar is ’n goeie balans tussen akademie, sport en kultuur en Vorentoe staan vir geen skool terug nie. Ons beskik oor bekwame en gemotiveerde onderwysers.”  Gaste kan dus weet dat hulle bydraes vir ‘n goeie doel aangewend sal word. 

Dames word genooi om tydens die spesiale oggend te vier wie God jou gemaak het as vrou en om na jouself met nuwe oë te kyk.  Die damesoggend vind op 21 April 2018 om 10:00 vir 10:30 plaas.  Botlierskop, waar die geleentheid aangebied word, is ‘n luukse privaat natuurreservaat wat geleë is tussen die majestieuse Outeniquaberge en prentjiemooi strande van die Tuinroete.  Die koste beloop R400 per dame end it sluit ‘n laatontbyt met koue en warm drankies in.

Vir besprekings kontak asseblief 0722126682.

Share Button