Impact of EFF march on Go George bus services

A protest march by members of the EFF on Thursday 5 April 2018 might cause delays on certain GO GEORGE bus routes.

The march will depart behind the taxi rank in Mitchell Street at 10:00, proceed via Hibernia Street, crossing York Street into CJ Langenhoven Street, around the circle at the George Hospital from where the march will move to the parking area in front of the hospital via Davidson Road, where a memo will be handed over. The march will then continue along Davidson Road to the York Street circle, and down York Street to the parking area in front of the Civil Engineering Department (old Town Hall) to hand over another memorandum.

Delays on all routes along Davidson Road and York Street must be expected between 10:00 and 15:00, while Route 2 Blanco – CBD will be rerouted to travel along Davidson Road between 10:00 and 11:00, unless circumstances dictate otherwise. GO GEORGE representatives will be placed at the affected Palm and Herrie bus stops on CJ Langenhoven Street to inform passengers of the diversion.

The situation will be closely monitored for the duration of the march on Thursday, and any changes to the plan will immediately be communicated on the GO GEORGE Facebook page. The GO GEORGE Call Centre will also have the latest information and can be called on 0800 044 044.

GO GEORGE apologises for any inconvenience caused by this march.


IMPAK VAN EFF-PROTESOPTOG OP GO GEORGE-BUSDIENS

ʼn Protesoptog deur lede van die EFF op Donderdag 5 April 2018 mag vertragings veroorsaak op sekere GO GEORGE-busroetes.

Die optog sal om 10:00 agter die taxistaanplek in Mitchellstraat vertrek en met Hiberniastraat af beweeg, oor Yorkstraat in CJ Langenhovenstraat, om die sirkel by die George-hospitaal en via Davidsonweg tot by die parkeerarea voor die hospitaal, waar ’n memorandum oorhandig sal word. Die optog sal daarna terugbeweeg middedorp toe via Davidsonweg tot by die Yorkstraat-sirkel, en via Yorkstraat tot by die siviele ingenieursdepartement (ou stadsaal) om nog ’n memorandum te oorhandig.

Vertragings is tussen 10:00 en 15:00 te wagte op alle roetes wat Yorkstraat en Davidsonweg gebruik, terwyl Roete 2 Blanco – CBD tussen 10:00 en 11:00 herlei sal word via Davidsonweg, tensy omstandighede ’n ander reëling noodsaak. GO GEORGE-verteenwoordigers sal by die Palm- en Herrie-bushaltes wat hierdeur geraak word, geplaas word om passasiers van die omleiding te verwittig.

Die situasie sal fyn dopgehou word so lank as wat die optog Donderdag duur, en enige veranderings aan hierdie planne sal dadelik op GO GEORGE se Facebook-blad gekommunikeer word. Die GO GEORGE-inbelsentrum sal ook die nuutste inligting hê en kan op 0800 044 044 geskakel word.

GO GEORGE vra verskoning vir enige ongerief wat deur die optog veroorsaak word.

Share Button