George Munisipaliteit sorg vir speelveld vir Syferfontein

George Munisipaliteit het die nood probeer verlig van veral Syferfontein se jongmense om ‘n stuk veld in die gebied gelyk te maak vir ‘n speelveld.

Die gelyke speelveld kan in die agtergrond gesien word met van die jeug en amptenare op die voorgrond. Voor van links is, Eldrick Burts, Elrin Bandes, Marowan Nefealot, Eldridge Bandes, Franco Pietersen, Marlon Bantam. Agter van links staan amptenare, Granville Campher, Shanold Marillac, Rdsl. Johan Stander, Enrico Engelbrecht en ‘n ouer van Syferfontein, Milly Lodewyk

Mnr. Granville Campher, Bestuurder: Sport, het gesê werkers gebruik nou ‘n baie ligter masjien om die veld gelyk te maak. Campher het gesê die veld voldoen nie aan die normale standaarde van ‘n sportveld nie, maar dit sal voldoende wees as ‘n interim reëling vir Syferfontein se gemeenskap.

Die gelyke speelveld kan die jeug gebruik vir sportaktiwiteite en kan dan volwaardige wedstryde op die Pacaltsdorp sportveld speel, het Campher gesê.

Mnr James Smith, die afrigter van die rugbyspelers in Syferfontein, en ook die drywer agter die speelveld, sê hy is 100% tevrede met die speelveld. Smith, ‘n inwoner van Syferfontein, sê  hy het die behoefte onder die kinders in Syferfontein gesien en wil help. Ek was vroeër ook betrokke met die afrigting van straatkinders in Durban. “Ons het talent in Syferfontein en ek sal graag wil sien dat ouers hulle kinders moet ondersteun en aanmoedig om sport te beoefen. Ons sal probeer om hulle tot op die hoogste vlak te kry. Ons beoog om die veld vir ander sportkodes ook te gebruik en selfs vir opelug dienste. Ek wil die beste hê vir Syferfontein se mense,” het Smith gesê.

Rdl. Johan Stander, Wyksraadslid vir Wyk 23, het gesê die speelveld beteken vir my ongelooflik baie vir die kinders. “Syferfontein is ‘n noodarea en dit lê na aan my hart. Ek’s dankbaar en sê baie dankie vir die raad en weet dit beteken baie vir die gemeenskap.

Marowan Nefealot (27) van Syferfontein, het gesê die veld beteken baie vir die gemeenskap en dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n speelveld te hê.  Ons wil rolmodelle wees vir die jonger kinders.

Eldrick Burts (22), ook van Syferfontein, het gesê dit is vir hulle ‘n groot geleentheid wat sport beoefen. Die veld is goed genoeg vir oefen en om die jeug besig te hou.

Milly Lodewyk, ‘n ouer van die gemeenskap, het gesê as ‘n ouer is sy bly dat die speelveld beskikbaar is vir die jeug.

Share Button