George Munisipale kantore sluit vir die feestyd

George Munisipaliteit wil graag die publiek inlig dat al die George Munisipale kantore van 27 Desember tot 1 Januarie 2018 gesluit sal wees.

Die Raad het besluit dat die kantore gesluit sal wees op 27, 28 en 29 Desember 2017, insluitende die openbare vakansiedae en naweke rondom hierdie tye. Normale kantoorure sal op 2 Januarie 2018 hervat word. Alle noodsaaklike en nooddienste sal gedurende die sluitingstyd voortgesit word.

Vir enige noodgeval of noodsaaklike dienste gedurende hierdie tyd, kontak asseblief 044 801 6300. Hierdie dienste sluit in die herstel van gebarste waterpype, die opening van rioolblokkasies op hooflyne, stormwaterprobleme, die noodherstel van paaie, elektrisiteitsprobleme, voorafbetaalde-meter probleme, wetstoepassingsprobleme, vullisverwydering, verhuring van sale, skoonmaak van sale, hernuwings van motorregistrasies en finansies. Die eksklusiewe kontaknommer vir die brandweer is 044 8016311.

Neem asseblief kennis dat Finansies se kliëntediens en kassiere om 10:30 op Vrydag 22 Desember sluit en heropen om 8:00 op 2 Januarie 2018. Betalings, voorafbetaalde elektrisiteitsverkope en rekeningnavrae kan gemaak word by die kantore van ONTEC (voorheen ITRON) in Eagle View gebou, 2de Vloer, 5 Progress Street, George vanaf 27 Desember 2017 tot 29 Desember 2017 (08:30-13h00). Vir navrae skakel asseblief 044 873 5474 of na -ure 044 801 6300/072 874 2544.

Die lisensieafdeling vir motorvoertuie sal slegs vanaf 08:00 tot 12:00 van 27 tot 29 Desember vir die publiek oop wees, SLEGS vir hernuwings van motorregistrasies.

Vullisverwydering vir George sal dwarsdeur die feestyd voortduur, met slegs die openbare vakansiedae wat die skedule beïnvloed. Die skedule verander soos volg:

  • 25 Desember sal op 27 Desember 2017 verwyder word
  • 26 Desember sal op 28 Desember 2017 verwyder word
  • 1 Januarie sal op 2 Januarie 2018 verwyder word.

Die George-stortingsterrein is elke dag oop van 07:00 tot 18:00 en Saterdag vanaf 07:00 tot 17:00. Dit is oop op alle openbare vakansiedae, behalwe op 25 Desember (Kersdag) en is Sondae gesluit.

George Munisipaliteit bedank die publiek vir hul geduld in hierdie verband en versoek dat beplanning met hierdie sluitings in gedagte, gemaak sal word. Vir enige diensleweringskwessies of noodgevalle, kontak asseblief 044 801 6300.

Share Button