Tweede fase van die Volhoubare Kostuinprojek uitgerol

George Munisipaliteit het die tweede fase van die  volhoubare kostuinprojek in George begin deur meer wyke  betrokke te maak by die projek.

Johan van Schalkwyk, Waarnemende Hoof: Strategiese Dienste, Rdh. Melvin Naik, Uitvoerende Burgemeester,  Daniel Moolman (tuinbouer), Desmond Carolus, Projekbestuurder van die kostuinprojekte, en Rdl. David Willemse, Portefeuljeraadslid staan kniediep tussen oom Moolman se uie in sy tuin

Rdh Melvin Naik, Uitvoerende Burgemeester van George, en amptenare het onlangs van die tuine in Pacaltsdorp Wyk 14 (Pacaltsdorp Oudorp), Wyk16 (New Dawn Park) en Wyk 27 (Europe) besoek.

Rdh Naik en Rdl Willemse  besigtig die oes van ant Lena Felix (84). Agter staan Andy Botha en Desmond Carolus. Ant Lena staan steeds sedert kindsbeen elke oggend dou voor dag op om self in haar tuin te skoffel

In die tweede fase is Wyke 1 (Blanco), 20 (Borcherds) en 27 (Europe) bygevoeg.

Oom Johnnie Carolus (74) wys hoe word daar in sy tuin geploeg
Oom Johnnie Carolus (74) wys hoe word daar in sy tuin geploeg

Die Wyke wat reeds in volle swang is met hul tuine is, Wyk 4, (Touwsranten), Wyk 5 ( Le Vallia), Wyk 6 (Rosemoor), Wyk 8 (Parkdene), Wyk 10 en 12 (Thembalethu), Wyke 14 en16 (Pacaltsdorp) en Wyk 17 (Conville).

Paulen Alaart met regs van hom, Rdh. Naik, Van Schalkwyk en Rdl. Willemse en heel links, Desmond Carolus in sy tuin in New Dawn Park. Alaart leer hier kinders van die ouderdom van vyf jaar ‘n liefde om tuin te maak. Die groente wat geoes word gaan vir die gebruik van ‘n creche in die buurt en vir minderbevoorregte mense

Rdh Naik was baie in sy skik met die mense se tuine in Pacaltsdorp en het gesê hy sou graag wou sien dat al meer mense in George inkoop in die idee om kostuine te begin. Hy het ook inwoners aangemoedig om hul kinders ook betrokke te kry by volhoubare kostuinprojekte.

Hier staan Rdh. Naik met Bennie Arendse wat in ‘n gemeenskapstuin in Dellville Park werk
Hier staan Rdh. Naik met Bennie Arendse wat in ‘n gemeenskapstuin in Dellville Park werk

Volgens Desmond Carolus, Projekbestuurder van die kostuinprojekte, beweeg die kostuine alreeds in die ekonomiese mark in. In Augustus het 45 tuiniers ‘n wins van R20 000 verdien uit verkope uit die tuine. In September het hulle R15 000 ingekry.

Carolus sê met die tweede fase fokus die projek sterk daarop om saailinge te verkoop. Die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsafdeling in die George Munisipaliteit voorsien tuiniers van saad, kompos en in sekere gevalle  van gereedskap.

Tuinbouers of voornemende tuinbouers word ook opleiding aangebied. ‘n Groep tuinbouers is in Oktober by die proefplaas opleiding gegee.

In die middel van die jaar het die meerderheid van 278 tuiniers wat  aan die beste tuine kompetisie deelgeneem het, ‘n spoggeleentheid bygewoon waar die wenners aangewys is. Die 20 beste tuine is by die funksie in die Conville-gemeenskapsaal aangewys.

Share Button