Sake ontbyt met JP Landman – “Om Suid-Afrikaner te wees in 2015”

JP Landman, bekende Oud-Kwagga en eggenoot van Ruda Landman, is so pas deur die Staatspresident benoem as lid van die Nasionale Beplanningskommissie.

image003Op Dinsdag 3 November 2015 om 09:00 kuier JP en Ruda Landman saam met ons in die Kwagga Cuisine te Hoërskool Outeniqua tydens ‘n heerlike ontbyt.

Landman se tema vir die geleentheid is: “Om Suid-Afrikaner te wees in 2015”.

Die Kwagga Trust nooi ouers, oud-Kwaggas, sakemanne en -vroue en alle belangstellendes na die spesiale geleentheid uit.

Die hoofborg van die Sake Ontbyt is Gastao’s Quality Foods en die verskaffer borg is Van Rensburgs Foods.

Die koste van die ontbyt is R100 vir lede van die Kwagga Trust en R120 vir nie-lede.(Tafels van 10 persone)

Besprekings en Navrae : bemarking@outeniqua.co.za / 044-874 4156/ 083 632 6657

Bankbesonderhede : ABSA Spaar
Nr : 9221051300
Tak: 632005
Verwysing : Sake Ontbyt (Maatskappy/Naam)

Dankie vir u ondersteuning!
OHS Bemarking

Share Button