Skolierpatrollie kompetisie gehou in George

George Verkeersdienste het onder leiding van mnr. Edwin Felix (Koördineerder) ‘n skolierpatrollie kompetisie gehou vir laerskole in George.

Die leerders van Dellville Park Primêr besig met hul praktiese toets gedurende die skolierpatrollie kompetisie
Die leerders van Dellville Park Primêr besig met hul praktiese toets gedurende die skolierpatrollie kompetisie

Die kompetisie is Vrydag by die voetoorgang tussen Hibernia Primêr en Hoërskool George gehou.

Die wenners van die kompetisie is Parkdene Primêre skool. Voor van links staan die leerders Chamandré van der Ross, Aaliyah Amas, Shariefa Malgas, Cindy-Ann Jones (kaptein), Jullian Fielies (leier), Aldinecia Lourens en Me. Gladys Mtirara (George Verkeer). Agter staan Mnre. Edwin Felix (koördineerder van die kompetisie), Kevin Coetzee (onderwyser en koördineerder van die Parkdene span), Mario Giewelaar (Senior Bestuurder: Wetstoepassing en Verkeer), Rdl. Iona Kritzinger, Me. Bukelwa Madyibi (Assistent Direkteur: Padveiligheid by die Departement van Vervoer en Openbare Werke) en Mnr. Patrick Jordaan (Waarnemende George Verkeershoof)

Rdl. Iona Kritzinger, Portefeuljeraadslid vir Gemeenskapsveiligheid, het die leerders toegespreek en gesê hulle moet die taak wat hulle verrig nie gering ag nie, want hulle hou daagliks hul mede-leerders en ander voetgangers veilig. Sy het gesê almal wat so ver in die kompetisie kom is reeds wenners.

Parkdene Primêr is onoorwonne in die kompetisie en het weer Vrydag met die louere weggestap. Die anders skole wat deelgeneem het is, Dellville Park Primêr, St. Mary’s Primêr en Conville Primêr.

Die kompetisie bestaan uit drie afdelings, ‘n inspeksie van die leerders deur die beoordelaars, ‘n inspeksie deur die kaptein van die span en ‘n praktiese toets.

Die leerders wat deelgeneem het was baie opgewonde en goed voorbereid op hul taak.

Me. Bukelwa Madyibi (Assistent Direkteur: Padveiligheid by die Departement van Vervoer en Openbare Werke), het ook die verrigtinge bygewoon. Sy het al die skole bedank wat deelgeneem het. “Ons waardeer die werk wat julle doen. Om ander mense se lewens te red, is baie belangrik en ons sien jul werk as baie belangrik,” het Madyibi voorts gesê.

Die leerders is met ‘n middagete getrakteer na die prysuitdeling.

Share Button