Burgemeester se Drywer van die Maand 2015

Die Burgemeester se Drywer van die Maand 2015 kompetisie is die naweek gehou en was weer goed ondersteun deur die plaaslike drywers en borge.

Toetsbeamptes maak die drywers wat in die kompetisie deelneem touwys op die toetsbaan
Toetsbeamptes maak die drywers wat in die kompetisie deelneem touwys op die toetsbaan

Die wenner van die kompetisie, Antoon Minnie, ’n inwoner van George, is ‘n deeltydse werker by African Express. Minnie sê hy het eers Dinsdag ingeskryf, maar moes eers sy baba oppas by die huis voordat hy ook laat opgedaag het by Saterdagoggend. “Die geld kom my goed te pas. Dankie aan al die borge en organiseerders,” het Minnie gesê.

Mnre. Deveroux Harker (toetsbeampte) en Bazil Cunningham gedurende die toets
Mnre. Deveroux Harker (toetsbeampte) en Bazil Cunningham gedurende die toets

Minnie neem al 12 jaar deel aan die kompetisie en het al voorheen gewen. Zwelinzima Tetani van LVDS Security was in die tweede plek en Gerrit Saayman van George Link in die derde plek.

Mnr. Lourens Swart (toetsbeampte) op die toetsbaan
Mnr. Lourens Swart (toetsbeampte) op die toetsbaan

Minnie het met R5 000 prysgeld weggestap, terwyl Tetani R2 000 en Saayman R1 000 gewen het.

Mnre. Charles Joubert (toetsbeampte) met Zwelinzima Tetani
Mnre. Charles Joubert (toetsbeampte) met Zwelinzima Tetani

Rdl. Iona Kritzinger het die drywers namens die Uitvoerende Burgemeester van George, Rdh. Charles Standers, toegespreek by die kompetisie. Sy het gesê die kompetisie vorm deel van Vervoermaand gedurende Oktober met die jaar se tema: “Saam beweeg ons Suid-Afrika vorentoe” (Together we move South Africa forward).

Mnre. Lafras Boesak en Mario Giewelaar van Verkeer oorhandig ‘n medalje aan Elrick Stoffels
Mnre. Lafras Boesak en Mario Giewelaar van Verkeer oorhandig ‘n medalje aan Elrick Stoffels

Kritzinger het gesê met verlede jaar se Drywer van die Maand-kompetisie het almal nog uitgesien na die aktivering van die GO GEORGE openbare vervoerstelsel en dis nou amptelik in werking. “Die inwoners van George het reeds gesien hoe die busstelsel die veiligheid op ons paaie in George verbeter.

Mnre. Lafras Boesak en Mario Giewelaar van Verkeer oorhandig ‘n medalje aan Gerald Bewee
Mnre. Lafras Boesak en Mario Giewelaar van Verkeer oorhandig ‘n medalje aan Gerald Bewee

“Een van George Munisipaliteit se doelwitte is om George veilig te hou en die Burgemeester se Drywer van die Maand kompetisie is een van die maniere om voertuigbestuurders bewus te maak van padveiligheid en rolmodelle te kroon, wie die gemeenskap kan opsien, terwyl hulle self ook werk aan hul eie veilige bestuurstegnieke.

Die wenners van die kompetisie is voor, Antoon Minnie (wenner), Gerrit Saayman (derde plek) en Zwelinzima Tetani (tweede plek). Agter staan Christo Gawie (Eden FM omroeper), Mario Giewelaar (Senior Bestuurder: Wetstoepassing en Verkeer), Rdl. Iona Kritzinger en Patrick Jordaan (Waarnemende Verkeershoof)

Sy het die gemeenskap van George, drywers en voetgangers, gevra vir hul samewerking  om oplettend te wees en te verseker dat ons die dood van ons paaie en strate af hou.

Kritzinger het die amptenare van George se Wetstoepassings- en verkeersafdelings bedank vir die uitstekende diens wat hulle lewer om George se strate veilig te hou.

Mnr. Mario Giewelaar, Senior Bestuurder Wetstoepassing en Verkeer, het gesê die kompetisie leer drywers om minder  brandstof te gebruik en om kritiese foute te vermy, soos onder meer met die ratkas en remstelsel. Die kompetisie help die drywers ook om ‘n voorkomende bestuurstyl te ontwikkel wat hulle help om ongelukke te vermy.

Veiligheid is van uiterste belang op die paaie veral met die naderende Kersfees vakansieseisoen.

Giewelaar het gesê die kompetisie word elke jaar in Oktober gehou. Almal wat die behoorlike lisensies het, kan deelneem en staan ‘n kans om kontant los te slaan. Die kompetisie bestaan uti ‘n voorrit-inspeksie, ‘n hindernisbaan en ‘n padtoets. Die kompetisie is by die Verkeersafdeling in Missionstraat, Pacaltsdorp gehou.

George Munisipaliteit wil sy personeel, die drywers wat deelgeneem het, die toetsbeamptes, Christo Gawie van Eden FM asook Coca Cola, South Cape Beer Distributors en mnr. Elrick Stoffels vir die beskikbaarstelling van hul voertuie, bedank.

Share Button