Grond gebreek vir die Rosedale TRA Elektrifiseringsprojek

Die Uitvoerende Burgemeester van George, Raadsheer Charles Standers het onlangs grond gebreek vir die elektrifiseringsprojek in die Rosedale TRA.

Portfeulje Raadslid vir Elektrotegniese Dienste, Wilbert Harris gesels met die munisipale konstruksie span.
Portfeulje Raadslid vir Elektrotegniese Dienste, Wilbert Harris gesels met die munisipale konstruksie span.

Die Stadsraad van George het goedkeuring verleen vir die bou van ‘n tydelike hervestiging area (TRA) in Rosedale. Tydelike dienste is reeds op die terrein aangebring en die George Munisipaliteit het die week begin met die elektrifiseringsproses van die eerste 80 erwe.

Raadslid Harris, Raadslid Remas, die Uitvoerende Burgemeester van George, Rdh Charles Standers, die munispale konstruksie span en lede van die gemeenskap wie op die projek werk by die Sooispit aangeleentheid

Die George munisipaliteit gebruik hul eie konstruksiespan om die proses te bespoedig en tydelike werkers is uit die gemeenskap geïdentifiseer om op die projek te werk. Die fondasie vir die hoë mas lig vir die gebied is alreeds gegiet en die maste is afgelewer in George. Dit sal gedurende Desember geïnstalleer word. Die mini-substasie se fondasie is reeds voltooi en die kabelslote vir die 11 000 volt kabel word tans gegrawe.

Die tender proses is onderweg vir die aanstelling van ‘n kontrakteur vir die elektrifisering vir die res van die gebied.

Share Button