Lente Glans Burgemeesters Gala/Spring Splendour Mayoral Gala

Die aankondiging dat die Uitvoerende Burgemeester van George, Rdh. Charles Standers, besluit het om die glansryke Burgemeesters-Gala vanjaar weer aan te bied en dit ‘n jaarlikse instelling te maak, is uitstekende nuus vir George en sy mense.

Die geld word gebruik om broodnodige ondersteuning te bied aan behoeftige mense en gemeenskapslede wat die Uitvoerende Burgemeester se kantoor daagliks toestroom met versoeke om hulp. Die George-Munispaliteit poog om die hele gemeenskap te ondersteun en op te hef. Die ontwikkeling van geleenthede vir almal en die pleidooi van die behoeftiges is ook van die sleutelprioriteite van die George stadsraad.

Inwoners van die Suid-Kaap kan gerus hul swart dasse en aandrokke begin aanpas om nie die aand van 14 September 2013 ongesiens verby te laat glip nie. Vanjaar se funksie, wat vir die vierde keer aangebied sal word, kondig die heerlike nuwe seisoen van Lente aan. Dit sal betyds die morbiede wintersgees afskud. En waar anders kan daar meer prettig en in styl partytjie gehou word, as in Fancourt se banketsaal.

Begunstigde Jong Sport presteerders verteenwoordig George en kan soms nie bybly met al uitgawes nie. Met behulp van die die George Munisipale Hulpverleningsfonds kan daar ‘n groot verskil in hul lewens gemaak word. Die Uitvoerende Burgemeester ontvang daagliks versoeke om noodverligting en ander ondersteuning, en dit is dan juis vir hierdie rede dat die Jaarlikse Uitvoerende Burgemeesters Gala vanjaar weer aangebied gaan word.

Jong mense se pad vergemaklik na hul sport toekoms met behulp van die George Munisipale Hulpverleningsfonds
Jong mense se pad vergemaklik na hul sport toekoms met behulp van die George Munisipale Hulpverleningsfonds
Nog jongmense gehelp op hul sportpad vorentoe deur die George Munisipale Hulpverleningsfonds
Nog jongmense gehelp op hul sportpad vorentoe deur die George Munisipale Hulpverleningsfonds

 

Share Button
,