George Municipality News

Motor Vehicle Registration Offices operating normally 

The motor vehicle registration operating hours is 08h00-15h30(normal opperating) hours. All transactions relating to the motor vehicle registration section can be done at the office Clients need to be informed not go to the Pacaltsdorp office to do motor vehicle registration transaction The waiting period can be contributed to the backlog from last week , the situation is improving in this regard .

Nuwe hoë maslig tussen Rosedale en Zone 9, Thembalethu

Raadslede Henry Jones (tweede van links) en Isaya Stimela (tweede van regs) het gister ‘n ter plaatse ondersoek in Rosedale (Erf 325) gaan doen om te bepaal waar ‘n 30 m hoë maslig opgerig sal word vir die veiligheid vir die gemeenskap. Inwoners van Rosedale en van Zone 9, Thembalethu maak gebruik van ‘n deurloop pad langs die N2-snelweg wat die twee buurte verbind. Die plek is egter nog swak belig met die huidige beligting en die groter lig sal in die winter in gebruik geneem word. By hulle staan die kontrakteur, Melt Loubser van MDL Electrical (heel links) en Pierre Conradie (heel regs) Clinkscales Maughan-Brown Engineers. In die agtergrond is die huise van Zone en die N2-snelweg.
 
Spring Splendour Mayoral Gala

Die aankondiging  dat die Uitvoerende Burgemeester van George, Rdh. Charles Standers, besluit het om die glansryke Burgemeesters-Gala vanjaar weer aan te bied en dit ‘n jaarlikse instelling te maak, is uitstekende nuus vir George en sy mense.

Die geld word gebruik om broodnodige ondersteuning te bied aan behoeftige mense en gemeenskapslede wat die Uitvoerende Burgemeester se kantoor daagliks toestroom met versoeke om hulp. Die George-Munispaliteit poog om die hele gemeenskap te ondersteun en op te hef. Die ontwikkeling van geleenthede vir almal en die pleidooi van die behoeftiges is ook van die sleutelprioriteite van die George stadsraad.

Die plaaslike owerhede word, met goeie rede, beperk oor hoe hulle belastingsbetalers se geld bestee en die George Munisipale Liefdadigheids en Noodlenigingsfonds (George Municipal Charitable and Relief Fund) is in terme van die Munisipale Bestuurswet, Wet 56 van 2003 (MFMA)  gestig. Die  geld wat uit die burgemeestersgala gemaak word, word hiertoe toegevoeg en daaruit oorweeg die burgemeester versoeke en die aanbeveling word na die munisipale bestuurder vir goedkeuring gestuur.

Juis omdat daar so baie nood in die gemeenskap is veral met tragedies of behoeftige mense wat  toere of kampioenskappe in ander plekke moet meemaak, is die raad genoodsaak om kreatief te wees en die sakelui se hulp te vra om die fonds aan te vul deur die gala te ondersteun.

Die suksesvolle funksie van verlede jaar het die fonds ‘n hupstoot gegee.

Inwoners van die Suid-Kaap  kan gerus hul swart dasse en aandrokke begin aanpas om nie die aand van 14 September 2013 ongesiens verby te laat glip nie. Vanjaar se funksie, wat vir die vierde keer aangebied sal word, kondig die heerlike nuwe seisoen van Lente aan. Dit sal betyds die morbiede wintersgees afskud. En waar anders kan daar meer prettig en in styl partytjie gehou word, as in Fancourt se banketsaal.

Diegene wat reeds die funksies in die verlede bygewoon het, sal daarvan kan getuig dat dit ‘n aand vol verrassings, heerlike kos, spesiale geskenke en ‘n feestelike atmosfeer is.

Die burgemeester en die munisipale bestuurder nooi die gemeenskap hartlik uit om kaartjies te koop vir die geleentheid en ‘n verskil te maak in mense se lewens. Bespreek kaartjies vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Maatskappye en privaat mense wat nie dié glansgeleentheid van die jaar wil misloop nie kan ‘n tafel bespreek (5 pare).

 Verklaring deur Debra Sauer, kommunikasiebeampte: George Munisipaliteit .  Kontakbesonderhede: debra@george.org.za of 044 801 9181. Vir meer inligting met betrekking tot borgskappe en bemarkingsgeleenthede kontak Esther Watson by 044 802 2900/esther@george.org.za

Toespraak deur die Uitvoerende Burgemeester

Ek het ‘n organiseringskomitee bestaande uit amptenare en vrywilligers versoek om vanjaar op 14 September weer die glansryke Uitvoerende Burgemeesters Gala vir die vierde jaar te reel.

 Die stylvolle gebeurtenis word vanjaar by Fancourt gehou en die Banketsaal gaan in ‘n Lenteprag uitgedos en opgetooi word.

 Hierdie fondsinsamelings Gala is die breinkind van die vorige Uitvoerende Burgemeesters en was verlede jaar deur myself aangebied.  Soos u weet, laat die Munisipale Finansiele Bestuurswet nie meer toe dat belastingsbetalers se geld aangewend kan word vir die armlastige en hulpbehoewende versoeke aan die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester nie.

 Die idée van ‘n fondsinsamelingsprojek het dus noodsaaklik geword ten einde aan die eindelose string versoeke verligting te bring.

 My en hierdie Raad se prioriteit is dienslewering aan die bree gemeenskap en kan die voorsiening van basiese dienste nie alleen staan te midde van die algemene nood wat bestaan in ons behoeftige areas nie.

 Ten einde in hierdie groot nood ook te voorsien en aandag aan te gee, word die Gala aangebied en versoek ek dat  individue en veral maatskappye ‘n hand sal uitsteek om die Burgemeesterskantoor behulpsaam te wees in hierdie projek. In ruil vir u ruimhartige ondersteuning, word daar aan u ‘n swierige “black tie” Gala aangebied waar u die geleentheid sal kry om uself en u gade te bederf. Tien (10) persone sit aan ‘n tafel en daar is hope plek vir almal!

 Indien maatskappye die oproep tot borgskappe opneem, sal daar genoegsame  geleentheid wees vir reklame deur middel van  die gedrukte media, die radio, George Munisipaliteit Webtuiste sowel as op die aand van die Gala.

 Ek kan reeds aankondig dat George Herald en Eden FM onderneem het om die Munisipaliteit te ondersteun in hierdie projek.

 Ek wil egter ‘n beroep doen op alle vorme van die media om die kern van die projek raak te sien en almal saam met die Raad hande te vat om die Gala vanjaar weer ‘n sukses te maak.

 Fondse wat tydens die vorige Gala ingesamel is, word met groot omsigtigheid en in samewerking met die Munisipale Bestuurder bestuur.  Ondersteuning het alreeds ‘n wyse veld gedek bv ondersteuning aan Persone met Gestremdhede (Siggestremdes in 2012), huise wat afbrand en ondersteuning aan skole en groepe wat George buite die stad gaan verteenwoordig.

 Die gemeenskap word versoek om die media dop te hou om die vordering van die kaartjieverkope te besigtig, maar ook om maatskappye wat borgskappe bewillig, te ondersteun.

 Ek versoek u dus om 14 September 2013 in rooi op u kalender te merk en nooi die totale gemeenskap van George uit om die projek te ondersteun deur u kaartjie(s) betyds te koop.

 U kan my kantoor,  (Mayleen Robertson 044 801-9111 of Esther Watson 044 802 2900) kontak vir kaartjieverkope en/of borgskappe.

 Dankie

Die agbare burgemeester

Die Mayoral Gala komitee.
Die Mayoral Gala komitee.

Pacaltsdorp-brug konstruksie begin

Die seremoniële oorhandiging van die bouplanne vir die begin van konstruksie by die Pacaltsdorp brug is Vrydag gehou. Die Pacaltsdorp brug is in die agtergrond op die foto.Op die foto is van links, Harold Basson, direkteur: Siviele Ingenieursdienste, rdl. Henry Jones, portefeulje raadslid vir behuising, rdh. Charles Standers, uitvoerende burgemeester, mnr. Dawid van der Merwe van Civils 2000 Engineers, die kontrakteur vir die projek en rdl. Jurie Bezuidenhout, portefeulje raadslid vir siviele ingenieursdienste. Standers oorhandig die bouplanne aan Van der Merwe sodat die konstruksie werk kan begin.

Rdh. Charles Standers het by die seremonie gesê dié projek is beslis ‘n ekonomiese inspuiting vir die dorp. Hy het gesê die brug is ‘n prioriteit vir die raad.

“ Die projek is van groot waarde en van kardinale belang vir George se gemeenskap. Vir jare het ek in Pacaltsdorp gewerk en om die brug soggens te gebruik is met die verkeersophopings is moeilik. Ek hoor ook hoe mense gereeld inbel na die radio oor die verkeersvloei op die brug,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is een van Sanral, die Wes-kaapse provinsie en George munisipaliteit se grootste projekte en plaaslike mense word ook hierdeur bemagtig.

1

Share Button