Vox Telecoms YahClick

Rebel 4×4 uitdaging: Grootbrakrivier 2 Junie

Op 2 Junie bied die Rebel 4×4 klub ‘n 4×4 uitdaging aan op Grootbrakrivier. Die kompetisie is oop vir standaardklas, gemodifiseerde klas en die extreme klas. Hindernisse gaan wissel vanaf moddergate, “rock crawls” en “hill climbs” om drywers se vaardighede te toets en is ontwerp met beide die amateur, gevorderde en professionele drywer se vermoëns in gedagte. Die dag is familie georienteerd en kinders (sowel as grootmense) word vermaak in ‘n veilige en prêt omgewing. Toeskouers kan verseker wees van senutergende aksie. Standaard 4×4’s is welkom om hul “off-road” vaardighede en ook vermoë van hul voertuie te kom toets op ‘n gestruktueerde baan sonder die risiko van voertuig beskadiging. Belangstellende drywers moet hulself vergewis met die reels en regulasies van die sport en voertuie moet aan die minimum veiligheids vereistes voldoen, wat ook op ons facebook bladsy beskikbaar is onder Rebel 4×4 George. Kos en koeldrank stalletjies is beskikbaar. Toegangsgelde beloop R150.00 per deelnemende voertuig, toeskouers is R30.00 per volwassene en R10.00 per kind. Pryse word ook toegeken aan die wenners van elke kategorie. Vir meer inligting kontak Pierre Joubert by 082 466 1333 of Attie de Klerk by 082 3232 339.

Vir nog meer fotos gaan by volgende link in: Facebook

Share Button

Filed Under: Sport & Entertainment

Tags:

About the Author:

RSSComments (0)

Trackback URL

Comments are closed.

Directory powered by Business Directory Plugin