George 200 hou skoonheidskompetisie en straatkarnaval

SEMI-FINALE VAN SKOONHEIDSKOMPETISIE : 15 APRIL 2011 

Die George Munisipaliteit Burgesentrum is die plek om te wees Vrydag aand vanaf 18:30. By hierdie geleentheid gaan daar geleetheid gebied word aan die mooi jonge dames van ons dorp en die aantreklike jonge manne om hul skoonheid ten toon te stel. Die mees aanvallige 10 jong dames en 10 jong mans gaan gekeur word om aan die finale Meneer en Mejuffrou George 200 kompetisie op Saterdag 16 April deel te neem. Of sal ons sê die kroning van ons eie Koning en Koningin? Al 20 hierdie jong mense sal ook deel vorm van die Straatkarnaval op 16 April 2011. 

Die kompetisie is steeds oop vir inskrywings vir die laatslapers. Inskrywingsvorms kan verky word van die George 200 Feeskantoor. Toegang tot uitdunne op Vrydag aand is gratis en almal word aangemoedig om dit by te woon. 

STRAATKARNAVAL EN KARNAVALKONSERT : 16 APRIL 2011 

Saterdag 16 April is die dag van die George 200 Straatkarnaval en Karnavalkonsert. Die Straatkarnaval sal vertrek vanaf PW Botha Kollege in Yorkstraat stiptelik om 9vm. Die lint sal formeel geknip word deur die Waarnemende Uitvoerende Burgermeester van die George Munisipaliteit, Raadslid Esau. Die straatkarnaval bestaan uit vlotte, dansers, orkeste, en vele meer en behoort na verwagting langer as 500 meters te wees, en self naby aan 1km. Die karnaval sal teen slakkepas beweeg tot die bopunt van Yorkstraat waarna dit met Courtney Straat sal afbeweeg tot by Michell Straat en van daar tot by die Outeniqua Hoërskool. Daar word beplan om sowat 1km per uur af te lê sodat almal genoeg geleentheid gebied kan word om karnaval te hou. Dit is darem nie elke dag wat mens die geleentheid kry om in die strate van George fees te kan vier nie. 

Alle besighede en ondernemings langs die roete word versoek om mee te doen aan die Straatkarnaval en sover moontlik ‘n feesatmosfeer te help skep. Sit gerus ‘n paar stoele en tafels uit en bied gerus iets te ete en te drinke aan die toeskouers en selfs die deelnemers aan die Karnaval. 

Die Outeniqua Hoërskool sal die tuiste wees vir die Karnavalkonsert wat teen 13:00 in aanvang sal neem. Toegang is gratis. Aangesien die rugby veld van die skool gebruik gaan word vir die konsert, is enige lid van die gemeenskap welkom om ‘n stoel en dalk ‘n sambreel saam te bring vir die son. Geleentheid sal gebied word aan ongeveer 40 van die beste kunstenaars wat in George woon om met hul talent die gemeenskap te vermaak. Talle voedsel en ander stalletjies sal beskikbaar wees om innerlike te versterk. Eden FM sal ook ‘n direkte buitelug uitsending vanaf die Karnavalkonsert doen. Die Karnavalkonsert sal duur tot 18:00. Geen alkoholiese drankies sal tydens die Straatkarnaval of die Karnavalkonsert toegelaat word nie. 

Vir meer besonderhede skakel gerus met die Feeskantoor         

Alewijn Dippenaar

Voorsitter : Feeskomitee George 200

082 457 5675  [dyndev@mweb.co.za]

044 874 5918

www.George200.com

11 April 2011

Share Button

Leave a Reply