Kwagga Nuus

[click link top left of page for full newsletter]

KWAGGAS O15A WEN KRIEKETLIGA 

Die o/15A krieketspan het Saterdag, 12 Maart teen ‘n gemotiveerde Langehoven Gimnasium geseëvier in die o/15 Liga-finaal.

Outeniqua het eerste gekolf en 156 aangeteken.

Outeniqua het Langehoven Gim uitgeboul vir 126 en wen dus met 30 lopies.

Baie geluk manne! 

NIFLAS KWAGGA GOLFDAG 17 MAART 2011

Ons prestige golfdag op die George-baan beloof om weer ‘n hoogtepunt te wees met ‘n eie oggendveld prysuitdeling en ‘n middagveld prysuitdeling (13:30 en 18:30)

4-balle is nog beskikbaar. Kontak Johan Botha by 082 573 5537

Oggend en middagveldpryswenners wen elk 2 koedoes (talle ander groot pryse wat insluit ‘n koopbewys van R100 elk van De Jagers). 

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

2012 is weer verkiesingsjaar vir beheerliggame in Suid-Afrika. Om ‘n ver-kose ouer op die beheerliggaam te wees, moet ‘n ouer ‘n kind in die be-trokke skool hê. Beheerliggame moet 7 verkose ouers op die beheerlig-gaam hê. Daar is ook twee verkose onderwysers en een verkose lid uit die ondersteuningspersoneel van die skool. Lede kan ook gekoöpteer word.

Danie Smit se termyn as lid van die beheerliggaam het as gevolg van dat hy nie meer ‘n ouer van die skool is nie ten einde geloop. Eerstens wil ons hom bedank vir die baie ure se werk en sy positiewe ingesteldheid teenoor die skool. Org van der Wath het vroeër in die jaar bedank omdat hulle na die Paarl verhuis het. Die behoefte wat bestaan is vir finansies en fisiese geriewe.

Daar moet dus ‘n tussenverkiesing vir lede van die beheerliggaam plaas-vind. Die datum is Woensdag, 23 Maart (18:30) en indien daar nie ‘n kworum (245 ouers) teenwoordig is nie, sal die tweede verkiesingsdag die volgende Dinsdag, 29 Maart 2011 om 18:30 wees. Nominasievorms kan 7 dae voor die datum van verkiesing by mev. Austin afgehaal word.

Mnr. Johan Smit van Laerskool Outeniqua sal as kiesbeampte optree.

Sien die amptelike kennisgewing wat aangeheg is.

AKADEMIE

Aangeheg is die eksamenrooster van die mini-eksamen wat op Vrydag 18 Maart begin. Baie sterkte met die voorbereidings vir die eksamen. Leerders moet vanaf 07:30 tot 13:00 by die skool wees. Normale skoolreëls geld.

Share Button

Leave a Reply