Outeniqua landbougenootskap gholfdag

Die Outeniqua Landbougenootskap nooi u vriendelik uit om deel te neem aan ‘n golfdag tydens die Outeniqua landbouskou. 

PLEK :                 Kingswood Golfbaan 

DATUM :             Donderdag 3 Maart 

TYD :                   Shotgun start om 11:30

Spelers moet reeds om 10:45 aanmeld vir registrasie by die golfbaan 

FORMAAT :         4-ball – Stableford (two scores to count) 

KOSTE :  R300-00 per persoon  (Dit sluit baanfooie, ‘n golfkarretjie, ‘n ete en ‘n prysuitdeling in, wat aangebied word na afloop van die kompetisie op die George Skougronde in die vermaaklikheidstent.)

Daar sal ook ander vermaak aangebied word.

Neem asseblief die vrymoedigheid en ondersteun hierdie besondere gebeurtenis wat die 150-jarige bestaan van die Outeniqua Landboufees vier.

Vir verdere besonderhede en navrae skakel Tjoepie Pretorius by 0825651578.

Sien  ook www.georgelandboufees.co.za

Vriendelike Landbouskougroete

Share Button

Leave a Reply