Familietwis lei na moord

Volgens die polisie se woordvoerder, Kaptein Malcolm Potjie, het die voorval Saterdagaand omstreeks 7nm in Goedgemoedstraat te Blanco gebeur. 

Mnr J Booysen [40] het ‘n argument met sy swaer gehad wie hom vermoedelik met ‘n mes in die nek gesteek het.  Booysen is op die toneel dood.  

Polisie het die verdagte in hegtenis geneem en hy het die week in die hof verskyn op aanklag van moord.  

Die rede vir die argument is nie bekend nie, maar daar word berig dat die verdagde die polisie deelgeneem het dat hy siek en sat was vir sy swaer be beledigings.

Share Button

Leave a Reply